Koninkryk Hannover

Königreich Hannover
Koninkryk Hannover
1814 – 1866
Vlag Wapenskild
Vlag Wapen
Ligging of Hannover
Ligging of Hannover
Die Koninkryk Hannover in 1815.
Hoofstad Hannover
Taal/Tale Duits, Nedersaksies
Regering Monargie
Koning
 - 1814-1820 George III
 - 1820-1830 George IV
 - 1830-1837 William IV
 - 1837-1851 Ernst August
 - 1851-1866 George V
Geskiedenis
 - Kongres van Wene 1814
 - Ontbind 1866

Die Koninkryk Hannover (Duits: Königreich Hannover) is in Oktober 1814 deur die Kongres van Wene gestig met die terugbesorging van George III se gebiede in Hannover ná die Napoleontiese era. Dit was ’n opvolgerstaat van die Keurvorstedom Hannover (amptelik bekend as die Keurvorstedom Brunswyk-Lüneburg) en het in Junie 1815 saam met 38 ander soewereine state deel van die Duitse Bond geword. Die koninkryk is regeer deur die Huis van Hannover, ’n tak van die Huis van Welfe, sedert 1814 in ’n persoonlike unie met die Verenigde Koninkryk van Groot-Brittanje en Ierland. Omdat die koning in Londen gewoon het, het ’n onderkoning (gewoonlik ’n jonger lid van die Britse koningshuis) die koninkryk se administrasie hanteer.

Die persoonlike unie met die Verenigde Koninkryk het in 1837 geëindig nadat koningin Victoria die troon bestyg het, want sy kon nie die troon van Hannover erf nie omdat sy ’n vrou was. Haar oom het toe heerser van Hannover geword. Hannover het die verloorkant gesteun in die Oostenryks-Pruisiese Oorlog, is in 1866 deur Pruise verower en het daarna ’n Pruisiese provinsie geword. Saam met die res van Pruise het Hannover in Januarie 1871 deel van die Duitse Ryk geword. In 1946 het dit met kleiner state saamgesmelt en die huidige staat Nedersakse in Wes-Duitsland, later Duitsland, geword.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search